
Coffee Excellence se verpakking kry ‘n nuwe baadjie
Soos die bekende sê-ding gaan “out with the old and in with the new”. Die manier waarop jy koffie verpak se baie oor jou passie vir koffie en dit is presies wat ons gedoen het, ons gee jou iets om oor te praat.
Ons is trots om ons nuwe verpakking met julle te deel, 'n nuwe “look”, met dieselfde kwaliteit smaak.
Met ons nuwe verpakkings masjien wat sopas in Suid Afrika gearriveer het, is ons strewe om die beste kwaliteit bone vir jou te bring van reg oor die wereld, puikkliente diens, perfekte smaakin elke koppie koffie, en dit als in 'n ongelooflike mooi pakkie, Coffee Excellence se nuwe verpakking.
Kyk gerus hoe Coffee Excellence met nuwe, innoverende tegnologie daarna streef om ons passie vir koffie vorentoe te vat in elke koppie koffie..
https://youtu.be/PP8AnUMSPDY